Welkom by Ben se blog

16 Oktober 2008

Hierdie blog behoort aan Ben van Dyk. Ek hoop om allerhande interessante onderwerpe vir bespreking hier te plaas, meestal op kerklike terrein. Besoek gerus hierdie bladsye van tyd tot tyd en lewer asseblief kommentaar. Op hierdie manier kan ons saam deelneem aan gesprekke. Laat weet gerus watter onderwerpe julle graag van wil lees.

Bedieningsmodel van die NG Kerk familie in KZN

1 November 2008

DIE HERDEFINIËRING VAN DIE ROL VAN PREDIKANTE EN LIDMATE

Januarie 2009

1. INLEIDING

Binne die familie van NG Kerke in KZN ontstaan al hoe meer finansiële tekorte wat die bediening van gemeentes ernstig knou. Teen hierdie agtergrond het die NG Kerk, VGKSA en die RCA van die provinsie ernstig besin oor huidige bedieningspraktyke.

Dit is duidelik dat huidige bedieningstrukture net te duur geword het vir armer gemeentes in KZN. ‘n Totale kopskuif is nodig om die beskikbare hulpbronne so aan te wend dat die bediening nie net sal voortgaan nie, maar sal uitbrei. Die Koninkryk van God moet groei in die wêreld en in KZN.

Teen hierdie agtergrond is verskeie werkswinkels reeds gehou – die drie kerke saam asook op hulle eie. Die bedieningsmodel is bespreek, selfs op sinodevergaderings. Dit is verder aangepas en in verskeie kringe aanvaar.

Die model fokus op die herdefiniëring van die rol van predikante en lidmate in die kerk se uitreik met die evangelie na die wêreld. Dit is dus ook ‘n model vir missionêre uitbreiding. Hierdie model word gesien as ‘n Bybelse model en kan selfs genoem word ‘n apostoliese bediening. Die apostels is uitgestuur om presies te doen wat hierdie model van predikante verwag, nl om die evangelie te verkondig en dissipels te maak, dit is mense toe te rus vir die bediening.

In hierdie model val die klem op die bediening van elke gelowige. Die uitgangspunt is Ef 4:11 en 12. Predikante moet gelowiges toerus om die bediening van die gemeente te doen. Die bediening van die gemeente is in die eerste plek die roeping van die lidmate. Húlle moet die bedieningswerk van die gemeente behartig. ‘n Groot kopskuif is dus nodig weg van die idee dat die bediening hoofsaaklik deur predikante gedoen word. Lidmate moet weer hulle regmatige plek in die bediening van elke gemeente inneem. Hoogs opgeleide predikante se rol moet dus al meer verander na dié van toerusters en mentors.

2. UITDAGINGS

Demografiese verskuiwings en finansiële tekorte skep sekere unieke uitdagings vir die NG Kerk familie in KZN. Sommige van hierdie uitdagings is bedreiginge en ander weer geleenthede. Die bedreiginge kan meestal verander word in geleenthede as die groter prentjie in ag geneem word.

2.1 Demografiese skuiwe het ’n groot impak op die kerk in KZN. Alhoewel daar ’n verstedelikingsproses is, woon byna 50% van KZN se inwoners nog op die platteland. Die plattelandse bevolking is meestal baie arm. In die stede ontstaan ’n al hoe groterwordende middelklas.

2.2 Die VGKSA in KZN is meestal ’n plattelandse kerk en is nie gerat vir die opkomende middelklas nie. Die grootste struikelblok is die gebrek aan kapasiteit ten opsigte van mannekrag. In die NG Kerk trek lidmate al hoe meer weg uit die dorpe. Gemeentes word al hoe kleiner en kan nie meer ’n eie predikant bekostig nie. In die stede en groter dorpe moet een predikant al hoe meer lidmate bedien, wat ’n onbegonne taak is met die huidige bedieningsmodel.

2.3 Die opleiding van predikante en lidmate is van die grootste belang. Alle lidmate, kinders van God, moet in staat wees om die evangelie van verslossing aan ongelowiges te bedien. Lidmate moet al meer in staat gestel word om die take van die bediening te doen, soos prediking, pastoraat, leierskap, jeugwerk, groepwerk, ens. Hiervoor moet doelbewuste en volhoubare opleiding verskaf word.

2.4 Groter klem moet gelê word op gesinsbediening. Mans moet weer hul regmatige rol inneem. Veral in die VGKSA bestaan baie gemeentes meestal uit vrouens en kinders. Ook in die NG Kerk is vrouens al meer prominent in gemeentes vanweë die besige programme van mans.

2.5 Skoolkinders is ’n balangrike deel van baie gemeentes se bediening. Die uitdaging is om hierdie kinders ingeskakel te hou by ’n kerk wanneer hulle na skool verskuif na die stede, ander provinsies of selfs na die buiteland.

2.6 Binne die groeiende middelklas is daar al meer huweliks- en gesinsprobleme. Die kerk moet die kapasiteit en kennis hê om aan hierdie behoeftes aandag te gee.

2.7 In ons gemeenskap is daar ’n gebrek aan rolmodelle met christelike waardes. Die jeug en baie ouer mense behoort te kan identifiseer met kerke waar goeie christelike waardes deur rolmodelle uitgeleef word.

2.8 Gemeentes behoort al meer ’n kopskuif te maak weg van ’n oorlewingsbestaan na ’n missionêre bestaanswyse. Gemeentes moet uitreik na die gemeenskap se nood.

2.9 Daar is baie afgetrede lidmate met gespesialiseerde vaardighede wat deur die kerk gebruik kan word. Hierdie vaardighede moet aangewend word tot voordeel van hulle wat in nood verkeer.

2.10 Die groot kultuur- en taalverskille in KZN is ’n groot uitdaging. Dit maak multi-kulturele bedieninge baie moeilik. Hierdie struikelblok moet op ’n kreatiewe manier oorkom word.

Met ’n nuwe bedieningsmodel en deur hande te vat, is ons oortuig dat bogenoemde uitdagings en bedreiginge verander kan word in wonderlike geleenthede vir die Koninkryk van God.

3. OPLOSSING: APOSTOLIESE BEDIENINGSMODEL

’n Geïntegreerde oplossing op drie vlakke is ontwikkel vir die NG Kerk familie in KZN. Alhoewel nie totaal verskillend van die huidige model nie, is hierdie wel ’n ander bedieningsmodel. Dit vra vir ’n kopskuif binne die gereformeerde teologie, nie vir ’n ander teologie nie. In hierdie nuwe model vorm die drie vlakke drie fokusareas wat ons dringende aandag nodig het.

3.1 Opgeleide gelowiges/leiers

Een van die identifiserende eienskappe van die NG Kerk familie is haar hoogs opgeleide predikante/evangeliste. Min ander denominasies het dieselfde vlak van teologiese en Bybelse opleiding vir hulle leiers. Dit is ononderhandelbaar vir die kerk, ook in die nuwe model.

Hierdie hoogsopgeleide leiers maak egter die kerklike strukture baie duur, veral binne die arm gemeenskappe van KwaZulu-Natal.

In die nuwe model word voorgestel dat gelowiges/leiers vanuit die gemeentes opgelei word vir gespesialiseerde bedieninge. Die rol van die hoogsopgeleide predikante/evangeliste verander. In plaas daarvan dat hulle self die meeste bedieningstake behartig, word hulle nou die opleiers/mentors van die gelowiges/leiers. Gelowiges word vanuit die gemeente geïdentifiseer en word goed opgelei. Elke gelowige spesialiseer in slegs een of twee aspekte van die bediening volgens sy/haar geestelik gawes. Sommige sal opgelei word as predikers, ander as pastorale werkers, ander in leierskap/gemeentebou, ander as jeugwerkers, ander as evangeliste/ sendelinge, ander as kleingroepleiers, ens. Die verskillende opgeleide gelowiges/leiers in die gemeente vorm saam ’n bedieningspan wat al die bedieningstake behartig wat tans deur ’n predikant gedoen word. In plaas van een opgeleide predikant wat die meeste van die werk moet doen, is daar nou ’n opgeleide span wat meer effektief kan bedien.

Die opleiding moet op plaaslike vlak gedoen word deur die hoogsopgeleide predikante/evangeliste volgens gestandaardiseerde opleidingsmateriaal. Insette kan vanaf die teologiese fakulteite en ander opleidingsinstansies verkry word. Die opleiding kan gedoen word deur bywoningskursusse, werkswinkels, korrespondensie of via die internet, of ’n kombinasie van hierdie metodes.

’n Aanvanklike kursus word deurloop waarna die kandidate gelegitimeer word deur die ring vir die gespesialiseerde bediening binne die ring waar die gelowige opgelei is. Die ring legitimeer iemand nadat hy/sy die opleiding suksesvol deurloop het en op aanbeveling van die betrokke kerkraad. Op hierdie wyse word verseker dat die bediening steeds op ’n hoë vlak gedoen word.

Dit is belangrik dat elke gelowige van die begin van sy/haar opleiding gementor word deur ’n hoogsopgeleide predikant. Na die aanvanklike kursus moet die mentorsverhouding voortgesit word. Elke opgeleide gelowige werk nou saam met sy/haar mentor.

Na die aanvanklike opleiding is die deelname aan voortgesette opleiding van die grootste belang. Met die oog op verdere opleiding is leeswerk, bywoon van seminare en verdere kursusse belangrik. Die plaaslike hoogsopgeleide predikante moet verantwoordelik wees om hierdie voortgesette opleiding te doen. Provinsale- of streekswerkswinkels en konferensies kan aanvullend gehou word. Netwerke van alle opgeleide gelowiges volgens hulle spesialis bedieningsareas kan gevorm word.

Kerkrade identifiseer en stuur gelowiges vir opleiding. Hulle maak seker dat die betrokke kandidaat oor die nodige gawes en persoonlikheid beskik vir die gespesialiseerde bediening waarvoor hy/sy opgelei word. Die kerkraad bevestig die gelegitimeerde in die amp van ouderling/diaken vir sy/haar gespesialiseerde diens. Die kerkraad besluit oor hoe elkeen binne die gemeente aangewend word. Die opgeleide gelowiges/leiers tree op as onbetaalde (tentmakers) leiers binne die plaaslike gemeente. Die kerkraad betaal vir hulle aanvanklike en voortgesette opleiding waar moontlik. Waar gemeentes dit nie kan bekostig nie, kan hierdie opleiding deur die ring of sinode gesubsidieer word.

Die aanvanklike en voortgesette opleiding word gedoen deur predikante wat vir die doel deur ringe en sinodes opgelei word. Predikante vorm ’n netwerk om mekaar deurlopend te ondersteun en op te lei. Predikante fokus op die opleiding en mentorskap van die gelowiges en nie op die bediening van die plaaslike lidmate soos in die ou model nie. ’n Predikant se fokus is die bemagtiging van gelowiges/leiers vir hulle bediening in die gemeente en gemeenskap.

Die hoogsopgeleide predikante word beroep en betaal deur die ring (of deur groter gemeentes). Genoeg gemeentes moet saam gegroepeer word om die salaris van die predikante te kan betaal. Armer gemeenskappe kan gesubsidieer word. Predikante spesialiseer ook binne die ringsgebied volgens hulle gawes, bv prediking, pastoraat, ens. Hierdie model sal dus meer koste-effektief wees as die huidige model waar elke gemeente sy eie predikant het. Wanneer ’n ring te klein raak om sy predikante te onderhou, kan die sinode die grense verander sonder die krisis wat onstaan wanneer ’n gemeente te klein word om hulle predikant te betaal.

3.2 Kleiner gemeentes

Die nuwe model maak voorsiening vir kleiner eerder as groter gemeentes. Wat tans in die VGKSA as ’n wyk met eie bedieningspunt gesien word, of in die NG Kerk as ’n klein onvolhoubare gemeente of buitepos, of in die RCA as ‘mission’ (sending), kan maklik ontwikkel word as ’n klein interafhanklike gemeente.

Tans sien baie van hierdie kleiner plaaslike eenhede hulleself nie as volwaardige kerke nie. Hulle voel net deel van die kerk as hulle saam met die groter gemeente vergader. Dit is een van die redes waarom hierdie kleiner entiteite nooit op hulle eie met die evangelie uitreik na hulle gemeenskap nie. In die huidige model is hulle baie na binne gekeer en fokus op oorlewing. In die nuwe model behoort elke gemeente, hoe klein ookal, ’n uitreikprojek in hulle eie gemeenskap te hê.

Die nuwe model ontwikkel dus ’n interafhanklike plaaslike gemeente wat in sy wese gestuurd is. Uitreike word gedoen deur die plaaslike opgeleide gelowiges onder mentorskap van ’n hoogsopgeleide predikant. Op hierdie manier brei die plaaslike gemeente uit en word selfonderhoudend en interafhanklik.

Sulke kleiner plaaslike gemeentes bestaan binne dieselfde kultuurgroep of as interkulturele gemeentes volgens die plaaslike behoeftes.

’n Kleiner gemeente het nie duur geboue nodig nie en kan selfs in bestaande lokale binne die gemeenskap bymekaarkom.

3.3 Vennootskappe

Die riglyne vir vennootskappe oor kerkgrense heen soos reeds deur ringe en sinodes goedgekeur is, kan met groot sukses op die apostoliese bedieningsmodel toegepas word. Daar is drie vlakke van vennootskappe:

3.3.1 Primêre vennootskappe

Dit is waar twee gemeentes, kerke of ringe in ’n gelyke vennootskap saamwerk. Die vennootskap mag verskillende vlakke van samewerking, onderlinge dienslewering of ondersteuning van mekaar hê.

3.3.2 Sekondêre vennootskappe

Dikwels benodig bogenoemde vennootskappe tussen kerklike strukture meer ondersteuning en kapasiteit van ander kerklike strukture. In sulke gevalle kan die primêre struktuur ’n band vorm met ander strukture op ’n tweede vlak. Hierdie sekondêre vennootskappe kan meer informeel wees of kan deur formele bindende ooreenkomste gereël word, afhangende van die spesifieke situasie.

3.3.3 Ringe

Ringe sal ’n groot rol speel in die nuwe model. Elke ring behoort ten minste twee of meer hoogsopgeleide predikante te hê om die opgeleide gelowiges/leiers in die plaaslike gemeentes toe te rus, te ondersteun, te monitor en te mentor.

Om die kerklike bande te verstewig behoort die kleiner gemeentes van tyd tot tyd saam te vergader. Christelike feesdae kan goeie geleenthede bied vir groter byeenkomste.

Bedieningsmodel

Bedieningsmodel

4. IMPLEMENTERING

Na baie gesprek en aanpassings van die model, behoort dit nou redelik spoedeisend geïmplimenteer te word. Die volgende sake is belangrik:

4.1 Opleidingsmateriaal moet beoordeel en gestandaardiseer word. Bestaande hoogsopgeleide predikante moet geïdentifiseer word om as spesialiste op die verskillende terreine as opleiers te dien. Waar nodig moet hulle verder opgelei word. Hulle moet ‘n werkgroep vorm om die materiaal te ontwikkel en te standaardiseer.

4.2 Die model moet wyd binne die kerke bespreek word. Werkswinkels moet met predikante en lidmate gehou word. Die model moet verduidelik word en so veel as moontlik mense moet aan boord gebring word. Predikante en lidmate benodig ‘n kopskuif. Dit sal nie vanself gebeur nie. Baie energie moet deurlopend hiervoor ingesit word.

4.3 Loodsprojekte moet begin word waar die nood die hoogste is, waarskynlik met die opleiding van predikers en pastorale werkers. Aanvanklik kan die opleiding deur die sinode geïnisieer en gedoen word.

4.4 Die implementering sal geleidelik plaasvind. Waar predikante in die model inkoop, kan hulle heropgelei word as opleiers en mentors. Daarna kan hulle in hulle eie omgewing gelowiges/leiers oplei. Wanneer die ring gereed is, kan hulle predikante beroep met opdrag opleiding en mentorskap. Waar vakatures in gemeentes ontstaan, kan die gemeente onder leiding van die ring besluit of hulle deel van die nuwe model wil word. As dit ‘n groot gemeente is, kan hulle onderverdeel in kleiner geografiese gemeentes. Bestaande kleiner eenhede (wyke, buiteposte, sendinge) kan afstig volgens bestaande kerkordes.

4.5 Sinodes en ringe sal ‘n belangrike leierskapsrol moet speel om die model te implimenteer. Daarom moet die model ook op leierskapsvlak bespreek en ondersteun word.

4.6 Die kerkordes van die verskillende kerke moet aangepas word om die model te akkommodeer. Aandag moet gegee word aan die ampte, bediening van sakramente en dienswerk van gelowiges. Dit is veral belangrik dat opgeleide gelowiges toegelaat moet word om sakramente te bedien.

5. TEN SLOTTE

Dit het tyd geword dat die kerk weer reformeer. Die tekort aan hulpbronne gaan dit waarskynlik bespoedig, maar die motivering vir verandering lê op ‘n dieper Bybelse vlak. Die eerste reformasie het die Bybel teruggegee aan die kerk. Die tweede reformasie moet die bediening teruggee aan die lidmate.

Ons gebed is dat hierdie bedieningsmodel daartoe sal bydra dat die bediening van die kerk meer effektief sal wees en dat die kerk sy opdrag om die evangelie aan die hele wêreld te bring beter sal uitvoer.

Soli Deo Gloria.

Gemeentevergaderings: nie altyd sinvol nie

19 December 2011

Dit gebeur dat gemeentes soms besluite moet neem oor hoogs omstrede of emosionele sake. Kerkrade wil nie sulke besluite neem sonder om die gemeente te ken nie, en besluit dan om ‘n gemeentevergadering te hou. Dis nie ‘n goeie idee nie!

Alban Institute skryf die volgende in hulle nuusbrief:

Q: Our congregation is struggling with several difficult decisions, some of which have caused quite a bit of controversy and emotional responses among some members. We are considering having a congregational meeting to see what the members think, “clear the air,” and make the decisions. What advice do you have?

A: 

Short answer: You could be asking for a lot of grief and much foggier air.

Longer answer: Nearly every congregation I work with has a story in their history about a congregational meeting “gone bad.” Remember watching political town hall meetings on such controversial topics as health care? Those experiences offer a pretty clear picture of why this particular format does not work well when emotions are running high.

Verskeie redes word in die artikel genoem waarom ‘n gemeentevergadering nie sinvol is in sulke omstandighede nie. Die artikel gaan dan verder en gee advies oor hoe om sulke sake te hanteer. Dit kom daarop neer dat ‘n proses van geloofsonderskeiding gevolg moet word waarby lidmate betrek moet word.

Lees die volledige artikel by http://www.alban.org/conversation.aspx?id=9858.

 

Predikant: gelukkigste beroep

8 December 2011

Volgens ‘n ondersoek in Amerika is predikante die gelukkigste van alle beroepsgroepe. Ek wonder of dit ook waar is in Suid-Afrika.

Lees die artikel in Forbes by http://www.forbes.com/sites/stevedenning/2011/09/12/the-ten-happiest-jobs/

 

Waarom daal kerke se lidmaattal?

7 December 2011

Wereldwyd ondervind hoofstroomkerke ‘n daling in lidmaattal. Waarom gebeur dit? Baie redes is al hiervoor aangevoer. Graham Standish skryf op Alban Institure te webblad ‘n baie interessante artikel en antwoord bogenoemde vraag soos volg: “What I have consistently noticed in almost all thriving congregations, however, is that what makes the difference is the extent to which the community is open to God at its core. Many churches simply aren’t open to God. They let the will, ego, and purpose of the dominant voices in their congregation, whether the pastor’s or that of a few strong members, drive the agenda. Instead of seeking God’s call and purpose, they argue over who is right and wrong. Declining churches tend not to be open to God’s presence. They worship, meet, and engage in ministry and mission, but their sense is that God is in heaven, we are on earth, and all that matters is doing good deeds. The congregants have no sense that Christ is in their midst, and that this presence of Christ can bless them and make their churches places of love. So they continue to engage in the practices of the church, but they don’t expect an encounter with Christ.”

Bogenoemde waarneming dring ons tot ‘n diepe selfondersoek!

(Lees die volledige artikel by http://www.alban.org/conversation.aspx?id=9828)

Uitbranding van Predikante

25 November 2011

Uitbranding van leraars

Dat leraars dikwels uitbrand, is ‘n bekende feit gesteun deur baie opnames. Ek het al vantevore hieroor geskryf en die redes vir uitbranding gegee. Nou kom G. Jeffrey MacDonald en hy voeg nog ‘n rede vir uitbranding by: Congregations gone wild! Hiervoor help rus, ontspanning en vakansies niks nie: druk vanuit die gemeente om jou hoogste roeping te versaak.

Die leraar is geroep om mense te help om geestelik te groei en meer deernis te bewys. Maar wat verwag gemeentes van hulle leraars? Vermaak ons. Leraars word voortdurend gedwing om te kies as hulle luister na lidmate se wenslyste. Soos godsdiens meer en meer ‘n verbruikersondervinding word, word leraars ongelukkiger — en sieker.

Volgens Gallup het net 15% van Amerikaners in 1955 nie meer aan die geloof van hulle kinderdae behoort nie — in 2008 was dit 44%. Mense vandag proe hier en proe daar en beweeg dan verder as die leraars hulle nie tevrede stel nie. In die proses word die posbeskrywing van leraars herskryf. Hulle mag nie meer preke hou wat die gemaklikes ongemaklik laat voel nie.

So het ‘n kerkraad vir ‘n leraar gesê: beperk jou preke tot tien minute, vertel snaakse stories en verseker dat die mense wat die kerkgebou verlaat goed voel oor hulleself! Ongelukkig is meeste leraars nie vermaaklikheidsterre nie. Leraars glo hulle is toegerus om mense se lewens te verander — wat is reg en wat is verkeerd. Hulle leer lidmate om mekaar te dien; hulle leer hulle wat deernis is — veral teenoor die randfigure in ons samelewing. Hulle vorm ‘n geloofsgemeenskap.

Wat is die belonings van bediening? Ek beteken vir ander iets en integriteit. As hierdie afgewater word as gevolg van druk van die gemeente wat nie uitgedaag en geestelik wil groei nie, word leraars kandidate vir spanning en depressie. Leraars het lidmate nodig wat verstaan waarvoor die kerk bestaan: om mense se lewens te verander. Dan sal hulle weer vreugde in hulle bediening ondervind. Hulle vat weer vlam sonder die gevaar van uitbranding.

(Oorgeneem uit Leierskap, Nuusbrief van eKerk, 16/11/2011)

 

 

Verandering deur die vertel van alternatiewe stories

2 September 2011

Paradigmaskuif

Die kerk is gedurig besig om te verander. Die oorgrote meerderheid van hierdie pogings het min langtermyn impak. Hoekom? Die bekende opvoedkundige en filosoof, Ivan Illich, is by geleentheid gevra wat die beste manier is om die samelewing te verander — revolusie of geleidelike hervorming. Sy antwoord het die mense verbaas: nie een van die twee nie. Sy verdere aanvulling behoort alle leiers weer te laat dink: As jy die samelewing wil verander, moet jy ‘n alternatiewe storie vertel. Dit beteken dat ons die heersende paradigma met ‘n nuwe een moet vervang. Hoe doen ons dit?

Alan Hirsch (On the Verge) het die werk van Thomas Kuhn (The Structure of Scientific Revolutions) effens aangepas en op die kerk van toepassing gemaak. ‘n Paradigmaskuif bestaan uit vier stadia:

  1. Struktuur/normaliteit. Ons begin met ‘n gevestigde paradigma — ‘n verbeelding wat vasgevang of geslote is. Hierdie paradigma domineer die huidige denke.
  2. Afwykings. Mense voel dinge is nie reg nie — daar ontwikkel afwykings in die paradigma. Hulle begin besef dat die heersende paradigma nie meer al die probleme kan oplos nie. Dit is interessant dat dit dikwels juis die mense is wat die heersende paradigma bemeester het, wat uit hierdie konsensus uitbreek. Dink maar aan Einstein (wetenskap) en Calvyn en Barth (teologie). Ware kundiges is juis die eerstes wat agterkom dat daar probleme is.
  3. Krisis. Meer en meer mense besef dat dinge verkeerd is. Uiteindelik word ‘n punt bereik waar die stroompie ‘n rivier word — ‘n krisis. ‘n Groep mense wat van die huidige paradigma verskil, kom na vore. Nou volg ‘n aantal nuwe teorieë — ‘n soeke na ‘n alternatiewe verstaan van dinge.
  4. Oorgang/herstrukturering. ‘n Nuwe paradigma kom na vore. Diegene wat nog vasklou aan die heersende paradigma probeer keer dat dinge nie verander nie. Dit is die rede waarom denominasies nie sommer toelaat dat dit wat hulle glo, bevraagteken word nie — jy raak nie aan die heilige koeie nie.

Die groot les is dat dit nie help om strukture, stelsels en sisteme te verander, as jy nie ook die onderliggende storie (die paradigma) verander nie.

(Bron: Leierskap, enuusbrief van eKerk, 1/9/2011)

Die ideale grootte van ‘n kerkraad

23 April 2011

Susan Beaumont vra bogenoemde vraag op Alban Institute se webblad. Voordat sy die vraag antwoord, verwys sy eers na die take van ‘n kerkraad:

“Effective boards in every size congregation must tend to three types of work: fiduciary (tending to the stewardship of tangible assets), strategic (working to set the congregation’s priorities and seeing that resources are being deployed in accordance with those priorities) and generative (problem framing and sense making about the shifting environment of the congregation).”

Daarna bespreek sy verskillende grootte gemeentes en die voor- en nadele van groter of kleiner kerkrade in elkeen. Haar uiteindelike gevolgtrekking is:

“Most of us cannot imagine reducing our governing bodies down to 5 individuals, but the closer we can get to that number, the more effective our problem solving will be.”

Lees die volledige artikel by http://www.alban.org/conversation.aspx?id=9591.

Wat dit van jou se wanneer jy oor jou gemeente kla

31 Maart 2011

Jon Walker skryf ‘n insiggewende artikel oor wat dit van jou se wanneer jy oor jou gemeente kla. Hy verwys spesifiek na die leraar van die gemeente. Ek haal ‘n paar gedeeltes uit die artikel aan:

“If today you committed to never complaining about your congregation, how would your church be different in six months? I’m not talking about a general moratorium on complaining in your congregation; I mean specifically if YOU committed to never raising a complaint against the people God sent you to shepherd.”

Hy skryf dit na aanleiding van die volgende aanhaling van Dietrich Bonhoeffer: “A pastor should not complain about his congregation, certainly never to other people, but also not to God. A congregation has not been entrusted to him in order that he should become its accuser before God and men.”

Walker skryf verder: “Bonhoeffer suggests that when you begin to raise complaints about your congregation, it is a sure sign that you are already alienated from the very people God sent you to care for. It shows you have begun to love the fantasy of what you think a congregation should be instead of loving the real people in your congregation. It shows you serve by a call of convenience rather than a call of surrender.”

“God entrusted you to lead his people; he didn’t send you to your current pastorate to assess the situation and then report back to him on how bad and stiff-necked they could be. He already knows their hearts; he already knows them intimately and now he wants YOU to know them intimately so you can care for them like a shepherd tends to his flock.”

“Bonhoeffer’s suggestion is not a ‘Polly-Anna’ approach, where we act as if everything is fine and never address the problems and issues in our congregations. Rather, Bonhoeffer is pushing us toward a Jesus-like approach where we wade into the nasty now-and-now of life and love our people with compassion that flows from the throne of heaven through our Savior and through our hearts into the hearts of those God has called us to lead.”

“In other words, rather than complaining about the congregation, we speak the truth in love. We confront and we allow others to confront us as we all grow up to look like Jesus.”

“Our congregations, like grace, are a gift from God, and when we understand this, we will see them the way Jesus sees us. Consider how Jesus modeled this:

  • When Jesus had a problem with someone in his ‘flock of disciples,’ he confronted them directly (‘Oh you of little faith’). You never find Jesus complaining to others about his flock.
  • When Jesus talked to the Father about his ‘flock of disciples,’ he affirmed them to the Father. He did not accuse them before the Father.
  • When Jesus talked to the Father about his ‘flock of disciples,’ he spoke in terms of a gift. ‘These that you gave to me.’ (John 15-17)”

“This week ask God to restore in you the sense of wonder and awe and gratefulness you knew when he first called you to your current congregation. And pray that you will serve them obediently and lovingly, in spite of your own faults and weaknesses.”

Lees die volledige artikel by http://www.pastors.com/blogs/ministrytoolbox/archive/2011/03/22/complaining-about-the-congregation.aspx.

 

 

 

Eensaamheid in die bediening

28 Maart 2011

Predikante ervaar dikwels eensaamheid. Dis nie dat hulle alleen is nie, maar eerder dat hulle niemand het om op ‘n diep vlak mee te praat nie.

Barbara Blodgett skryf op Alban Institute se webblad dat dit kan help as predikante mekaar ondersteun en gereeld bymekaarkom om oor die bediening te praat. Lees gerus haar raad by http://alban.org/conversation.aspx?id=9520.

 

Nuwe hoop vir hoofstroom kerke

14 Maart 2011

Carol Howard Merritt skryf ‘n interessante artikel op Alban Institute se webblad na aanleiding van haar boek “Reframing Hope: Vital Ministry in a New Generation“.

 

Ek haal graag ‘n paar dele van die artikel hier aan:

As a church leader and writer, I often feel I’m in the midst of converging streams, trying to sort out the flowing torrents. The currents course so quickly that I find it hard to keep up with it all. Technological changes, generational dynamics, environmental instabilities, and philosophical understandings pulsate, making these realities difficult to frame. And yet, in this exciting and hope-filled time, I cannot resist trying to capture the movement.

During the last few decades, we’ve watched the attendance wane in many downtown mainline congregations as demographics shifted. White people moved out to the suburbs, leaving behind many predominately Caucasian congregations that did not know how to reach out to their new neighbors. Evangelical megachurches sprang up on the outskirts of towns, swallowing many of the mainline transplants.

But that doesn’t seem to be working any longer. As megachurch members age, worship as entertainment seems to be losing its luster…. The children who were raised in megachurches are becoming irritated with the bigger-is-always-better attitude. Frustration with the megachurch model is growing,

Yet, as many mainline churches move farther and farther to the sidelines of our culture, as megachurches lose their entertainment value, and as denominational leaders look to the next generation, there is a great deal of hope waiting to be kindled.

When we consider the progressive political leanings of younger generations, we realize they long for spiritual communities that care deeply about social-justice issues—the same issues that our denominational congregations have been organizing around for hundreds of years. There is a deep spiritual yearning pervasive across generations, yet we know people will no longer settle for one-way preaching and entertaining services. They want meaningful worship, an empowered lay leadership, and a spirituality that leads to action. Again, people are longing for the very things that many denominational churches have been cultivating for decades.

Finally, the coming of age of the Millennial Generation (those born between 1982 and 2001) bodes well for our denominational congregations. Not only is this generation much larger than those that preceded it, Millennials are also much more community focused and institutionally minded than the generations before them. Generational sociologists Neil Howe and William Strauss believe the influence of the rising generation will cause “every arena [to] become more mannerly, structured, and civic minded.” With regard to religion in particular, Howe and Strauss suggest, “Millennials will favor friendly rituals and community building.”

If we begin to reframe the important work of our spiritual communities, taking care to understand the shifts occurring in our culture and to respond to them faithfully, then the years ahead can be extremely fruitful for us. If we realize and welcome the changes that will come, if we can be open to what new adaptations will bring to us, if we can begin to sense the Holy Spirit moving, then we will be able to sense vitality in a new generation.

Lees die volledige artikel by http://www.alban.org/conversation.aspx?id=9436.

11 Trends wat die toekoms aanbetref

11 Januarie 2011

Will Mancini, ‘n gemeente konsultant, gee sy mening oor watter trends vanjaar en in die toekoms ‘n invloed op kerkleiers sal he. Elke kerkleier behoort hierdie artikel te lees.

Volg die skakel hieronder:

http://www.churchleaders.com/pastors/pastor-how-to/147349-vision-and-strategy-trends-for-2011-and-beyond.html?utm_source=newsletter&utm_medium=email&utm_campaign=Daily-Update


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 42 other followers