A Jesus Manifesto

29 Junie 2009 deur benvd

Leonard Sweet en Frank Viola het ‘n dokument op hulle Blog geplaas met die titel: “A Magna Carta for Restoring the Supremacy of Jesus Christ, a.k.a A Jesus Manifesto for the 21st Century Church”.

Met hierdie Manifesto wil die skrywers Jesus Christus weer sentraal stel in die kerklike lewe. Dit is beslis die moeite werd om te lees. Klik op die skakel hierbo.

Gemeentelike begrotingsproses

19 Junie 2009 deur benvd

Dan Hotchkiss beskryf die normale begrotingsproses in gemeentes as ‘n stryd tussen twee partye, die wat wil geld spandeer en ander wat net keer. Ongelukkig lei die begrotingsproses dikwels tot onenigheid en uiteindelik die demp van alle nuwe inisiatiewe. Die ander kant van dieselfde munt is dat kerkrade onverantwoordelik werk met die Here se fondse. Wat is die oplossing vir hierdie dilemma?

Dan beskryf ‘n alternatiewe begrotingsproses:

  • Die proses begin by die kerkraad wat ‘n jaarlikse visie opstel en prioriteite stel vir die begroting.
  • As die visie bekend is, word die verskillende bedieningspanne/kommissies gevra om hulle begroting volgens die visie op te stel.
  • Die kerkraad oorweeg dan die begroting en finaliseer die begroting.
  • Hierna val die klem op fondsinsameling – die visie word gedeel en fondse word ingesamel om die visie te laat realiseer.

Lees die volle artikel by http://www.alban.org/conversation.aspx?id=7892.

Voordele van nie-winsgewende organisasies

11 Mei 2009 deur benvd

Is daar voordele vir gemeentes, ringe of sinodes om ‘n nie-winsgewende organisasie (Art 21 Maatskappy) te stig om sekere projekte te bedryf? Hierdie vraag is nogal aktueel, want die kerk bedryf dikwels groot projekte en wonder wat die beste struktuur daarvoor is.

Op Alban Institute se webblad is ‘n interessante artikel juis oor hierdie onderwerp. Daar word verskeie voordele genoem om liewer ‘n aparte organisasie te stig:

  • Meer effektiewe struktuur
  • Verkry makliker borge
  • Werf makliker vrywillige werkers van buite die kerk
  • Werf makliker raadslede van buite die kerk
  • Werk makliker saam met ander organisasies

Hoop in ons huidige ekonomiese toestand

8 Mei 2009 deur benvd

Natuurlik ondervind ons tans probleme. Onthou, ons as Christene het bygedra tot hierdie probleem. Hoe kan ek dit sê?

  1. Daar is baie min verskil tussen die waardes van Christene en nie-Christene. Christene neem ten volle deel aan ons verbruikersamelewing; Christene glo aan die vrye mark.
  2. Christene, soos nie-Christene, het bokant hulle vermoë geleef.

Een probleem wat nou na vore kom, is dat mense verwag dat God ‘n finansiële wonderwerk moet doen nadat ons finansieel onverantwoordelik opgetree het. Ons weet tog van God se opregte kommer oor diegene wat werklik niks het nie. Wat moet Christene nou doen? Kom ons kyk na ‘n paar beginsels:

Beginsel #1: Die wêreld en alles daarin is God s’n.

Ek besit niks in hierdie wêreld nie — ek is maar net die rentmeester. God is die eienaar. Ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons gaan niks uit die wêreld uitneem nie. As rentmeesters is ons aan God verantwoording verskuldig.

Beginsel #2: Daaglikse brood is nie daaglikse uitspattigheid nie.

As ek kos en klere en ‘n dak oor my kop het, moet ek tevrede wees. Ek moenie meer en meer begeer nie; ek moenie my bekommer oor al hierdie ander dinge nie. Christene het die leuen — dit is nie verkeerd om meer uit te gee as wat jy verdien nie — aanvaar. Leef eenvoudig.

Beginsel #3: ‘n Arbeider is sy loon werd.

Daar is niks verkeerd met harde werk nie; daar is niks verkeerd daarmee as ek beloon word vir harde werk nie. Hoe dikwels hoor ons nie dat dit Christene is wat mense te min betaal nie; wat hulle werknemers onregverdig behandel nie. Lees net weer Jesus se gelykenis van die arbeiders in die wingerd (Matteus 20:1-16).

Hierdie muntstuk het ook ‘n teenkant. Die Bybel kritiseer die werker wat lyf wegsteek. Paulus stel dit baie reguit: As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie (2 Tessalonisense 3:10). Paulus sê dat elkeen sy eie las moet dra, en as dit vir hom te swaar word, moet almal inspring en help.

Beginsel #4: Die doel van harde werk is om soveel as moontlik te spaar, sodat ek soveel as moontlik kan weggee.

Christene moet hard werk — nie net vir hulleself nie. Hulle moet geld spaar vir ‘n onseker toekoms wanneer hulle ander kan help. John Wesley stel dit so: The person who makes all they can, without both saving and giving all they can, may be a living person, but they are dead Christians. Ons leef in ‘n selfgesentreerde kultuur, maar Christene moet teen hierdie stroom swem.

Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly (Filippense 4:12). Paulus volg dit op met sy oorwinnaarstelling: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

As ons volgens hierdie beginsels leef, sal ons vorder op die pad deur die ekonomiese wildernis waarin ons ons bevind. Ons moet binne ons vermoë leef; ons moet ons verwagtings terugsny.

(Oorgeneem uit Ekerk Leier Nuusbrief 2009/5)

How to minister during a personal crisis

8 Mei 2009 deur benvd

Rick Warren van Saddleback skryf die volgende oor die bediening aan iemand wat deur ‘n persoonlike krisis gaan:

Pastor, there are few more crucial times to step up our ministry efforts than when someone is going through a personal crisis. Whether it’s a struggling marriage, a job loss, a death in the family, or something else, you and your church family must be ready to meet the painful needs of those in crisis.

That doesn’t mean it’s all on your shoulders, though. As a pastor your job is to train your congregation for the work of ministry. Your church won’t grow if all the ministry is done by you and you alone. Plus, it’s simply not biblical.

Hy gaan voort met ses praktiese dinge wat die gemeente kan doen. Gaan lees dit gerus by http://legacy.pastors.com/RWMT/default.asp?id=377&artid=11734&expand=1

Besluitneming

8 Mei 2009 deur benvd

Almal van ons neem elke dag besluite. Sekere besluite is maklik; ander is ingewikkeld. Ingewikkelde besluite is gewoonlik die gevolg van:

• Onsekerheid — daar is faktore wat onbekend is.
• Kompleksiteit — baie faktore wat met mekaar verband hou, moet oorweeg word.
• Hoë-risiko gevolge — die impak van die besluit is betekenisvol.
• Alternatiewe beskikbaar — elk met sy eie stel onsekerhede en gevolge.
• Interpersoonlike sake — hoe gaan ander reageer? Hoe raak dit ander?

As ons goeie besluite wil neem moet ons ‘n sistematiese benadering tot besluitneming hê — ons moet ‘n logiese en doeltreffende proses volg. Dit verminder die risiko dat ek belangrike faktore nie in ag neem nie. Daar is natuurlik baie prosesse beskryf. Hier is een moontlikheid. Dit is ‘n proses bestaande uit ses stappe:

(1) Skep ‘n konstruktiewe omgewing

Om dit reg te kry, moet jy aandag aan die volgende gee:

• Stel ‘n doelwit — wat wil jy bereik?
• Kry konsensus oor die proses wat gevolg gaan word.
• Betrek die regte mense — is alle groepe wat deur die besluit geraak gaan word, verteenwoordig?
• Moedig almal aan om hulle menings te gee sonder vrees dat wat hulle voorstel summier verwerp gaan word.
• Maak seker jy vra die regte vrae — is dit werklik die probleem? Is dit nie dalk net ‘n simptoom van ‘n onderliggende siekte nie?
• Moedig kreatiwiteit aan — moenie ‘n idee wat jy dink onsin is, summier verwerp nie.

(2) Genereer goeie alternatiewe

Hoe meer alternatiewe jy oorweeg, hoe beter jou finale besluit. Alternatiewe oplossings dwing jou om dieper te delf in die probleem. Daar is verskeie tegnieke wat gebruik kan word. Die bekendste is “brainstorming.” [Ek hoor mense praat van harsinggallop. Mooi.]

(3) Ondersoek hierdie alternatiewe

Nou kyk jy na die uitvoerbaarheid, risiko’s en gevolge van elke alternatief. Is die risiko aanvaarbaar? Wat is die implikasies van elke alternatief? Ek hou nogal van Edward De Bono se “Six Thinking Hats.” Maak seker dat jy genoeg hulpbronne het om te implementeer.

(4) Kies die beste alternatief

Nadat jy al die alternatiewe oorweeg het, moet jy ‘n besluit neem. Soms is dit maklik, maar soms moet jy van spesifieke tegnieke soos die Nominale Groep-tegniek of die Delphi-tegniek gebruik maak.

(5) Kontroleer jou besluit

Maak seker dat jou proses deeglik was; dat jy geen stappe uitgelaat het nie. Dink veral aan dinge soos te veel vertroue (ag, ek weet wat ons moet doen) en groepdenke.

(6) Kommunikeer jou besluit en tree op

Jy moet jou besluit verduidelik aan almal wat daardeur beïnvloed mag word of diegene wat dit moet implementeer. Verduidelik hoekom jy juis hierdie alternatief gekies het. Hoe meer inligting jy gee oor moontlike voordele en risiko’s, hoe meer steun gaan jy vir jou besluit kry. Daarna moet jy implementeer.

‘n Sistematiese besluitnemingsproses lei tot beter besluite. Ons neem dikwels besluite sonder dat ons genoeg inligting het of verskillende alternatiewe oorweeg het.

(Oorgeneem uit Ekerk Leier Nuusbrief 2009/5)

Leading in a Culture of Change – Alban

4 Mei 2009 deur benvd

In ‘n artikel op Alban Institute haal Jeffrey Jones vir Michael Fullan aan wat oor verandering skryf as ‘n nie-linêre proses, gewoonlik chaoties: “Change cannot be managed. It can be understood and perhaps led, but it cannot be controlled.”

Jones skryf verder soos volg: “Given the chaotic nature of change, linear, step-by-step processes which attempt to manage it are problematic. They do not allow the process of change to unfold in its natural way, and they present an illusion of control that is unrealistic.”

Daarna verwys hy na Fullan se komponente van verandering, in teenstelling met stappe van verandering:

  • Moral purpose—sharing the guiding purpose for an organization’s existence.
  • An understanding of change—developing a working knowledge of the key dimensions and dynamics of change.
  • Relationship building—seeking relationships with diverse people and groups, especially those on the fringe and those who resist change.
  • Creation and sharing of knowledge—sharing information in a way that it becomes usable both to initiate and to sustain change.
  • Achievement of coherence—bringing sense and common purpose to the ambiguity that is change.

Hy gaan voort en beweer dat as hierdie komponente geleidelik ingebring word, daar nie ‘n stap-vir-stap benadering nodig is nie. Die volgende sake sal dan aandag geniet:

  • The church board would take time on a regular basis to consider the dynamics of change in a congregation and the forces at work in the world and community that make traditional congregational approaches to ministry less effective than they once were.
  • The pastor would begin to introduce concepts that underlie a vision for the congregation.
  • The congregation would begin to engage in specific actions that affirmed the vision and began to actualize it.
  • Conversations among church leaders would formalize a new understanding of the congregation’s purpose and vision.
  • The congregation would begin to address issues of its life and ministry from the perspective of its developing understanding of the vision for the future to which God is calling it.
  • Leaders would take every available opportunity to discuss issues related to change and vision.

Hy sluit af met die volgende:

Approaching change in this way takes time. It also takes constant attention to the ways everything in the life of a congregation can be used to further the change needed to lead the congregation more faithfully into the future.

Lees die volledige artikel by http://www.alban.org/conversation.aspx?id=7754



Bridging the Gap between Knowing and Doing

27 April 2009 deur benvd

In ‘n onlangse artikel op die Alban Institute se webblad skryf Larry Peers soos volg:

When congregations, with all good intentions, make plans for change but don’t seem to get anywhere, they may be experiencing the very common phenomenon that some have called the “knowing and doing gap.” You know what you need to do, but can’t seem to do it. The situation is not hopeless, however. There are approaches that we, as leaders, can take to get beyond this tendency.

Een van die klagtes wat ek dikwels hoor wanneer gemeentes oor strategiese beplanning en visioenering praat is dat dit goed is om te beplan en oor die toekoms te dink, maar dat baie van die beplanning tot niks kom nie. Hoekom is dit so? Larry haal Pfeffer en Sutton aan en noem die volgende redes:

  • Because we’ve talked about it we feel we’ve done it.
  • Because we have made a plan we feel that is equivalent to doing the plan.
  • We fear moving forward because of the unknown.
  • We have set ourselves up for too much change too soon.

Hy gee die volgende raad om verder te kom as net beplanning:

Once a possibility has been clarified, it’s important to identify the specific, feasible steps needed to make it a reality, along with a time line for accomplishing them. At this stage it often helps to extend the discussion beyond the usual committee working on the project. Innovation often comes from inviting fresh eyes and voices into the process.

As jy ook gefrusteerd is omdat dinge nie gebeur soos wat dit beplan word nie, lees die volledige artikel by http://www.alban.org/conversation.aspx?id=7706.


You need a mentor

18 April 2009 deur benvd

Rick Warren van Sadleback gemeente in die VSA het onlangs ‘n interessante artikel geskryf waarin hy die belangrikheid van ‘n mentor vir elke predikant beklemtoon. Dit maak nie saak hoe oud jy is nie, daar is altyd iemand by wie jy nog kan leer. Trouens, Rick beweer dat Saddleback gemeente nooit sou gekom het waar hulle nou is indien hy nie van verskeie mentors oor die jare gebruik gemaak het nie.

Rick haal Spr 19:20 aan: “Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan hê.” Wysheid kom nie maklik sonder goeie raadgewers (mentors) nie.

In die artikel noem Rick drie eienskappe van ‘n goeie mentor waarvoor uitgekyk moet word, nl iemand met ‘n karakter en waardes wat jy bewonder, iemand met vaardighede en ondervinding wat jy nodig het en iemand wat jy vertrou.

Hy noem ook ‘n tiental vrae wat jy aan jou mentor kan vra om die meeste uit die verhouding te put.

In die N|G Kerk is mentorskap nog ‘n nuwe gedagte. Baie predikante besef nog nie hoeveel waarde ‘n mentor in sy/haar bediening kan toevoeg nie.

Lees gerus die volledige artikel by: http://legacy.pastors.com/RWMT/default.asp?id=376&artid=11714&expand=1

Herfokus

11 April 2009 deur benvd

Ek dink dit is baie goed dat elke gemeente elke drie of vier jaar weer deur die proses van herfokus gaan. Wat beteken dit om te herfokus? Dit is om tyd te beplan waartydens die leiers in die gemeente kan luister na God, sy leiding hoor en duidelikheid kry oor hulle toekoms. Dit bestaan uit drie basiese stappe:

1. Evaluering: Waar was ons en waar is ons nou?

2. Ontdekking: Waarheen is ons op pad?

3. Implementering: Hoe gaan ons daar kom?

Daar is egter sekere beginsels wat ons nie uit die oog moet verloor nie:

– Besef dat God aan die werk is en was om sy kerk te bou — God bou sy kerk.

– God nooi ons uit om by Hom aan te sluit waar Hy besig is.

– Sukses word bepaal deur my oorgawe aan God se uitnodiging.

Dis nou alles goed en wel, maar wat wil ons bereik met hierdie proses van herfokus?

– Ons doel is nie om ‘n toekoms te ontdek nie — ons doel is om uit te vind waarmee God reeds besig is.

– Ons doel is om in lyn met sy doel te kom.

– Ons uitdaging is om al hierdie koninkrykies wat ons gedurig bou nek om te draai en deel te neem aan die uitbreiding van God se koninkryk. Ek moet ontslae raak van alles wat my weerhou van deelname aan die uitbouing van God se koninkryk.

God se eerste vereiste vir sy kerk is nie optrede nie, maar oorgawe.

(Oorgeneem uit Ekerk Leier Nuusbrief 2009/03)