Welkom by Ben se blog

16 Oktober 2008

Hierdie blog behoort aan Ben van Dyk. Ek hoop om allerhande interessante onderwerpe vir bespreking hier te plaas, meestal op kerklike terrein. Besoek gerus hierdie bladsye van tyd tot tyd en lewer asseblief kommentaar. Op hierdie manier kan ons saam deelneem aan gesprekke. Laat weet gerus watter onderwerpe julle graag van wil lees.

Missionale Netwerk bespreek “A Credible Witness”

18 Desember 2014

In April 2014 het dr Lourens Schoeman die KZN Missionale Netwerk gelei met ‘n boekbespreking: “A Credible Witness” deur Brenda Salter McNeil.

 

Hieronder is ‘n resensie van die boek deur Lourens Schoeman, voorwaar inspirerend:

“Boekresensie: A Credible Witness: reflections on power, evangelism and race
Brenda Salter Mc Neil
2008, InterVarsity Press
ISBN 978-0-8308-3482-2

Inleidende opmerkings as posisionering om die boek as wit kerk in Afrika raak te hoor
Persoonlik dink ek die boek is geweldig relevant vir ons as wit koloniale kerk in post-koloniale Afrika. ‘n Term wat ons teologies-missionaal nog glad nie uitgepak het nie, is “post-kolonialisme”. Oor post-modernisme is al baie gepraat en geskryf, maar omdat ons uit die Noordelike halfrond teologies gevoed is, en nie vanuit die koloniaal-bevryde deel van die wêreld nie(waar ons terloops bly), het ons die ontwikkeling en die waardering van die konsep “post-kolonialisme” gemis. Frans Fanon (“The wretched of the earth” en “Black skins, White masks”) het in die 60s vanuit die Algeriese bevrydingstryd onder Franse kolonialisme die konsep “post-kolonialisme” gebruik. Dit help ons om ‘n nuwe paradigm na kolonialisme in Afrika ook te verstaan. Ook Afrika se kyk na kolonialisme, koloniale kerke en kolonialiste is insiggewend. Ek vind baie van Fanon se denke ook ingeweef in Mc Niel se werk wat nou op die tafel is. Maar ons as wit kerk moet ook vanuit die hoek van post-kolonialisme afstand kry om koloniale teologie raak te sien en die skraapmerke daarvan op ons eie teologiese denke te erken. Dit sal ons help om Mc Neil te hoor.
‘n Tweede opmerking, of inleidende verwysing, is na die werk van Malidoma Patrice Some (“The healing wisdom of Africa) en sy vrou Sobonfu Some se werk (The Spirit of Intimicy: Ancient African teachings in the ways of relationships). Hulle skilder ‘n idealistiese Afrika spiritualiteit wat weer baie aanklank vind by die post-moderne wêreld wat honger na verhoudinge, rituele en simboliek. Hulle leer my die waarde wat Afrika spiritualiteit ook kan toevoeg in die kerk wat post-moderne Westerlinge bedien. Mc Neil sluit sterk hierby aan.
‘n Derde verwysing is na die werk van Richard Elphic (“The Equality of believers: Protestant missionaries and the racial politics of South Africa) wat enersyds die protestanstese sendelinge sien as brugbouers na die Afrika gemeenskap. Ons het hierdie ouens nou al missionaal uitgewis in die NGKerk. Wie bou nou die brug? Hulle was in die verlede die wit kerk se senuwees wat oop en sensitief gehou is. Maar hulle was ook die ouens wat krities na Afrika gekyk het (magiek, huwelik,seks) en was ook die eerste protestante wat moes hoor “missionaries go home” ons het julle nie meer nodig nie.wie vervang hierdie rolspelers in die modern missionale denke oor kerkwees. By die teologiese fakulteite het Sendingwetenskap ingekonk in praktiese teologie. Wie vul die gaping? Mc Neil as Afro-Amerikaan speel in die boekie ‘n soortgelyke rol. Vandaar my waardering vir haar boek.
‘n Vierdie verwysing is na Belhar belydenis wat nogal sterk eggo in die boek van Mc Neil.
Lourens Schoeman.
1. ’n Opsomming van die inhoud van die boek van Mc Neil.
Die skrywer oortuig dat die kerk se missionale bestaan mense met God, maar ook met mekaar moet versoen. Hierdie horisontale versoening reik uit oor grense van kultuur, geslag, ras en sosiale stand en genees ‘n verdeelde gemeenskap. Hierdie versoenende, helende, uitreikende evangelie staan lynreg teenoor ons mense se natuurlike geneigdheid om veral in ‘n veelrassige gemeenskap, met gelyksoortiges te assososieer. Terselfdertyd was dit die een groot uitsaande teken van Pinkster. Dit is juis die versoenende, saambindende wese van kerkwees as “counterculture people who truly lived the values of the Kingdom of God…” binne ‘n multikulturele gemeenskap, wat die kerk binne ‘n verdeelde gemeenskap vandag nog geloofwaardigheid gee. “A church that is not unified is a scandal and a contradiction of the gospel…”Om vir Christus te kies, beteken ook dat ek ‘n keuse vir my medegelowiges maak, om met hulle in verhouding te leef waar grense wegval. Ons word onlosmaaklik familie, wat in een dorp/gemeenskap leef en mekaar net nie kan ignoreer nie. Ons verknogdheid aan mekaar, bo-oor grense van stand, ras en geslag is in ‘n verdeelde gemeenskap opvallend verfrissend en inderdaad lig-wees in konteks (Mat.5:16). Die missionale kerk skep ‘n herstruktureerde gemeenskap waar mense teen alle verwagting in, na mekaar, oor grense heen, kan beweeg. Dan word die kerk ‘n gemeenskap wat die Koninkryk sigbaar maak. Hierdie Koninkryk het alles te make met versoening, ‘n diepliggende liefde vir ander (en anderses), wat in nuwe demografiese uitdagings na nuwe maniere soek om die anderses te bedien.

McNeil gebruik die verhaal van die Here Jesus se gesprek met die Samaritaanse vrou by die put (Joh.4) as raamwerk om die kerk te help om oor die verskeie grense in die gemeenskap te beweeg.
As Afro-Amerikaanse vrou gee sy Westerlinge ook insig in die ontvangkant van goed-bedoelde (soms skuldgedrewe) Westerse pogings om grense oor te steek. Sonder veroordeling help sy bloot die Westerse kerk om die efffek van oor-grens gesprekke te verstaan en om ons strategie te verbeter, ten einde minder seer te maak.

Die grens-oorstekende effek van die Evangelie is, volgens McNeil nie moontlik sonder dat ons saam met Christus wandel en sensitief is vir sy leiding nie, want ten diepste is die kerk op aarde ‘n vertoonkas van die Koninkrykslewe wat Christus kom vestig, wat in die hemel ten volle sal waar word.

In die verhaal van die Samaritaanse vrou vind sy ‘n transformerende benadering tot evangelisasie wat kultuur-, geslag-, ras-, sosio-ekonomiese – en religieuse grense oorsteek. As ons nie die grense met die oordra van die evangelie kan oorsteek nie, dan bly ons (en ons luisteraars) vasgevang in tragiese, hooplose lewensverhale….ons moet ‘n verhaal ontdek wat ons weer mens maak, en waarde gee. Uiteindelik moet ons almal se lewensverhale aan mekaar gehak word om ‘n kollektiewe narratief te vorm, wat saambind in die groot liefdesverhaal van God, wat die mens onvoorwaardelik liefhet. Binne hierdie groter Godsverhaal kry mense se lewens weer waarde en maak die lewensplot sin.

2. Riglyne vir Missionale kerkwees vandag:

2.1 Ken mekaar se konteks/storie
Joh.4 leer ons hoe belangrik dit is om ‘n gespreksgenoot se konteks te verstaan. Die Samaritaanse vrou was duidelik in haar groter konteks van die swakker geslag, deel van ‘n teologies gestigmatiseerde groep, en van die verkeerde ras. Haar mense het nie godsdienstig op hoë grond beweeg (volgens die Jode) nie. En sy sou dikwels hieraan herinner word.

Ten einde teen mense te diskrimineer, moet ons (ons almal het dit latent in ons) eers deur naamgeëry en etiketering hul menswaardigheid aftakel. Daarna kan ons eers oorgaan tot diskriminasie, rassisme en kan “ethnic cleansing” eers geregverdig word., soms deur goedbedoelende gelowiges.

So was dit ook tussen die Jode en die Samaritane. Vroue en Samaritaanse vroue, in besonder, moes gedurig hoor hoe onwaardig hulle is. Dit laat uiteindelik “holes in our souls” wat ons laat soek (dikwels op verkeerde plekke) na liefde, aanvaarding en intimiteit. Soos die Samaritaanse vrou soek ons almal na lewegewende verhoudings wat ons menswees met sin en waarde vul. Ongeag ons posisie en klas, ons is almal baie afhanklik van waarderende verhoudings. En dit is die kollektiewe mensverhaal, waarin Jesus uiteindelik instap en ons innooi.

2.2 Begin met ‘n Goddelike mandaad
Gemeenskappe leef in vrywillige isolasie van anderse gemeenskappe, elkeen met hul eie unieke sosiale uitdagings. Gewoonlik is die uitdagings meer in gemarginaliseerde gemeenskappe, maar dit spoel in geintegreerde gemeenskappe oor. Maar selfs dan kan mense steeds kies om hul oë daarvoor te sluit.So was die Jode geslote vir die Samaritaanse uitdagings.

Dan gaan Jesus uit keuse doelbewus na Samaria, sonder om daar verby te stap of om dit te ignoreer. Die motivering daarvoor was ‘n Goddelike sanksie vanuit die Vader se hart. 2 Kor.5:18-20 brei in detail uit oor die bediening van versoening wat aan die kerk toevertrou is. Ons is geroep om bedienaars van die versoening te wees. Versoening met God versoen ons ook met mekaar en dryf ons oor grense van geslag, ras, geloof, politiek, ouderdom en klas. Hiervan hang ons geloofwaardigheid ten nouste af. Hierdie beweging na die ander is met Goddelike sanksie en – mandaad en stuur ons om die goeie nuus vir hulle te WEES. Waar hierdie ontmoetings plaasvind ontdek mense dat hul onvoorwaardelike deur God liefgehê is.

God se liefde nooi die mens in om n koninkrykslewe te leef (n nuwe lewensbeginsel/wêreldorde) wat gekenmerk word deur diverse mense wat in liefde, geregtigheid en vrede saamleef. (Nota: hoor ek iets van Belhar hierin?)

Ons geloofwaardigheid word oor ‘n lang tyd gevestig as ons saam met die mense wat ons wil bereik leef, hulle nood raaksien en koninkrykslewe daar inleef. Waar Christenne opkom vir broos kantlynmense word die evangelie se geloofwaardigheid gevestig.

2.3 Intensionele interaksie
Die interaksie met die gemeenskap moet intensioneel/doelbewus wees. Jesus het doelbewus by die put ‘n Samaritaanse vrou verwag. Om haar te bereik moes Hy sy gemaksone verlaat. Taal en kultuurvreende konteks maak ons broos en juis dan ook geloofwaardig. Want ons is nie in beheer nie. Ons het beheer prysgegee.

Ons het almal ons Samaria waarheen ons moet gaan, waar ons van mag gestroop word en ons eie nood en behoefte verbaliseer (nie hulle s’n). Jesus se nood was dat hy werklik dors was. Dit was nie n gewaande toneelspel nie. Hy was in die nood. Hy het iets nodig wat sy gehad het. Hy begin met haar praat vanuit sy nood, nie haar sonde of sy mag nie. Die gespreksgenoot moes haarself ontdek as iemand wat iets goed het om te bied, iemand van waarde. Die herstel van mense as iemand van waarde wat waarde kan toevoeg is dalk die essensie v Evangelisasie.

Waardering van veelkantigheid is nodig in kerke se Missionale betrokkenheid. Dit is meer as windowdressing. Ons het die anderses nodig in ons geloofsgemeenskappe, want hulle kan waarde toevoeg. Deur hulle wêreldbeeld, kundigheid en ervaring kan hulle ons baie verryk. (Nota: Ek die wit kerk help om weer simbole en rituele te herwaardeer, wat vir post-modrniste belangrik is) . Maar om hier uit te kom om die anderses se invloede in te neem, vereis dat ons in kerkgemeenskappe ons magsbasis sal prysgee. Hierdie magsbasis skep by ons ‘n bekostigbare weerstand tot verandering. Ons mag en wil en kan ons eie uniekheid beskerm…Maar om die anderses te akkommodeer moet ons hierdie magsbasis prysgee. Mag is die vermoeë om besluite te neem, om opinie te hê en keuses uit te oefen. Mag gaan oor invloed. (Nota: Hoe sterk is die magsbasis vir Afrikaanse koloniale setlaarskerke in Afrika?). Jesus as Almagtige kom in hierdie gesprek met die vrou in met sy broosheid (dors) en behoefte (het nie skepding nie) en die vrou word die mag gegee om te besluit of sy gaan help of nie. Sy kan besluit of sy gaan uitreik en of sy gaan help. Sy word die helper. Hy Jesus, die Almagtige, word die gehelpde.Haar minusse word gesystap en sy word geleentheid gegee om mens te wees wat kan kies of sy gaan uitreik.

Ek hou van die term “ power of weekness” wat aan Jesus toegedig word. Sy nederigheid kom baie sterk uit in hierdie gesprek. Die skrywer vermoed die woord “humility” kom van die Latyns “humus” wat beteken “fertile soil” die missionale “humility” is goeie grond vir Goddelike saad om in te groei.

Die geloofwaardigheid van die evangelie word herstel as die evangelie draers vir mense uit ander groepe sou sê: ons het jou nodig… jou deel van die legkaart is so nodig vir ons om die hele prent te kan sien.

2.4 Uitreik gaan altyd met risiko gepaard
“Hurt people hurt people”: Mense wat polities of anders seergemaak is, maak weer ander seer, veral as die ander met hulle seer geassosieer word. (Nota: hoeveel “hurt” is nog in die harte van Afrika se mense in SA? Veral as hulle na die NGKerk kyk, die moeder van Apartheid? Die een wat geprteek het swart mense is bestem tot waterdraers? Hoe lyk die “hurt” as in post-koloniale Afrika na die Afrikaner gekyk word?) . Om dan in Afrika uit te reik kom met die risiko van verwerping, ook vir die goedbedoelde missionale wit kerk. Ons is nie oral meer die “superman” nie.

Die vrou, wat na Jesus luister en positief reageer, loop ook die risiko as sy met Jesus (Jood, vyand, onderdrukker) geassosieer word…”fraternising with the enemy” (Nota: Ook in SA steeds ‘n probleem as swart mense met die wit kerk assosieer??) Juis om die rede is dit moeilik om vertroue te bou. Dit vat baie tyd. Dit vra die vra van baie vrae, die probeer om meer te verstaan. as om verstaan te word. Onthou ook die vrou loop ook die risiko van verwerping as sy Jesus aanneem.

In hierdie verhaal van die vrou by die put wil die skrywer iets inlees van ‘n interafhanklikheid. Beide Jesus en die vrou is afhanklik van mekaar. Jesus het water nodig. Sy het lewende water nodig. Die missionale kerk (Nota: Lees ook hier wit kerk in Afrika) het ook iets om aan te bied en hoef nie verskonend oor hul identiteit te wees nie. Elke groep mense het ‘n klein deeltjie van die legkaart se prentjie. Saam kan ons God beter verstaan. Niemand het ooit niks om by te dra nie. (Nota: Het die volgende stelling enige relevansie vir die NGK: “.beating ouself up for our own culture and identity is not helpful in restoring Christian credibility . Instead we need to know ourselves to be who we are and to recognise that we have someting unique to offer…”) die missionale kerk kan nederig en eerlik erken hul mense het baie foute gemaak waaroor hulle ook skaam is, want dit was sonde, nogtans wil hulle nou hulle lewe wy aan die aanspreek van daardie foute (onreg, verdeeldheid, onversoenbaarheid, onreg) (Nota: Relevant vir ons?)

Ek hou van die gedagte dat die globale kerk soos ‘n liggaam is, waarin elke groep ‘n ander ledemaat is, met ‘n eie funksie en rol. Hierdie gedagte genereer nuwe denke oor samewerking en vennootskappe binne diverse groepe. Ons is interafhanklik. Daarom raak MIV in Afrika ook die Noordelike kerk. Binne die saamwerk om universele krisisse aan te spreek, bring elke groep mense iets van waarde na die tafel.

2.5 Die missionale benadering in die verhaal van die vrou gaan verby die oppervlakkige en kom by geestelike diep waardes uit
Jesus kyk verby die vrou se kulturele politieke godsdienstige agterdog en kom by haar dieper behoefte uit en bied haar iets nuut: Borrelde fonteinwater. Hy luister fyner as die oppervlak en kan dan haar dieper nood sien en aanspreek.

2.6 Outentieke en deursigtieg aanbidding bind saam
Jesus sê daar kom ‘n tyd dat ware aanbidding godsdienstige verskille sal oorskadu. Ware aanbidding verheerlik God en bind mense saam, dit dryf mense nie uitmekaar nie. “worship is a unifying power” Ons is almal sondaars voor God wat om genade soek. Voor die kruis vind ons mekaar op gelyke grond as begenadigde sondaars, wat ‘n nuwe Koninkryksagenda saam ontdek het. Hierdie agenda oorbrug alle verskille.

Die Missionale gemeente maak lewensveranderende besluit wat erken Jesus kan ons en ander se dors les. Ongeag die persoon. Sleutel in die gedagte is ‘n verhouding met Jesus en nie religie/godsdiens nie. Hy het lewende water, Hy gee lewe sin in ‘n verskeurde wereld. Ons beleef ware navolging en Christenskap in hierdie geloof, wat die gemeenskap hoop gee. Om hierdie konsep te vat, moet ons ons kultuur-bepaalde (koloniale) idees oor God laat staan en soek na mense se lewensverhale wat in interaksie met God kom.

Dan word mense se storie deel van God se storie en ontdek ons ons storielyn binne die Godsverhaal. So kry mense se lewensverhale betekenis en hoop.

2.7 Besluit om “countercultural” te wees
Ten einde geloofwaardig missionale kerk in n kosmopolitiese gemeenskap te wees, moet ons bereid wees om tradisionele grense te verbreek, kultuureie reels te oortree en soos Jesus alle Joodse reels in die boek te verbreek. Dit is veral as dit intensioneel gedoen word, ongemaklik en skep ongewildheid. (Nota: Nog relevant in NGK?). maar waar dit gebeur demonstreer dit die outentieke waarde van die Evangelie deur vrede en versoening en geregtigheid (Nota: Belhar?)

2.8 Wees brugbouer
Na die gesprek word die vrou getuie in haar eie gemeenskap. Deur netwerke van familie en bure bring sy die outentieke Koninkryksnuus oor aan haar eie mense. Sy, die veragte, word die boodskapper van goeie nuus. So bou sy ‘n brug na Jesus toe.

Missionale geloofsgemeenskappe bou ook brue na ander mense deur oor grense heen te assosieer, te sosialiseer, na die anderkant van die kamer te stap en na die anderses uit te reik. En so, aan die oorkant, word brugbouers gemaak wat weer in hulle netwerke ander ook bereik.

Vir die skrywer is die handelinge uitstuur na Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke baie letterlik. In n multi-etniese gemeenskap is daar oral Samarias, met anderses, met hul eie kompleksiteite. Waar die missionale kerk die grense oorsteek word ons “wêreldklas Christenne”.

Ons is geroep om geloofwaardige getuies te wees. Die jurie is ‘n gemeenskap in die veranderende global village wat eerlike antwoorde soek op komplekse vrae. Hulle wil sien die Koninkryk is nie ‘n verbeeldingsreis nie, maar ‘n werklikheid wat werd is om voor te leef. Die Jurie in die verhoor van die kerk wil sien Christus het werklik bitterheid en verdeling oorbrug. Ons getuig as getuies in hierdie hofsaal van die wereld: ons het hoop want ons is deel van ‘n groter storie. Ons is deel van God se verhaal wat ryk en arm mense familie maak, gebrokenheid herstel en grense afbreek. “

Werkgroep vir Klein Gemeentes in KZN

21 Januarie 2013

Werkgroep vir Kleingemeentes

Die volgende byeenkoms vir die Werkgroep vir Klein Gemeentes sal DV gehou word op Donderdag 24 Januarie 2013 om 09:30 by die Sinodale Sentrum in Pietermaritzburg.  Hiermee word alle gemeentes wat alreeds by hierdie werkgroep betrokke is, asook alle ander gemeentes wat belangstel, genooi om by ons aan te sluit.

Die volgende gemeentes is reeds betrokke by hierdie werkgroep:

Dundee, Kokstad, Cedarville-Matatiele, Pietermaritzburg-Merrivale, Eshowe, Greytown, Melmoth, Winterton, Bergville, Weenen, Danskraal, Scottburgh, Estcourt, Mooirivier en Gelofte.

Ons wil baie graag ook ‘n spesiale uitnodiging aan die volgende gemeentes rig om by ons aan te sluit:

Dannhauser, Berea, Durban,  Durban-Wes, Hluhluwe, Louwsburg, Mandini, Mtubatuba en Paulpietersburg.

Ons sien daarna uit om verder met julle saam te werk om ‘n ondersteuningsnetwerk vir klein gemeentes daar te stel wat kan meehelp om die unieke uitdagings wat met klein gemeente-wees saamgaan, tot eer van Christus aan te pak en die hoof te bied.

Ons sal dit waardeer as julle so gou as moontlik vir Marinda Pieterse by die Sinodale Sentrum, marindap@ngkzn.org.za  kan laat weet of julle beplan om die byeenkoms by te woon asseblief.

Enige navrae: Willie Pieters (083 680 9249 of 036 488 1075).

Hierdie is ‘n werksaamheid van die Sinode in KZN in belang van gemeentes.

Mentorskap in gemeentes

21 Januarie 2013

Mentorskap in gemeentes

Die golf van mentorskap wat tans in die kerk opstaan, bied geweldige moontlikhede vir leierskapsontwikkeling in gemeentes. Gemeentes wat reeds hierdie golf ry, ervaar dat sleutelleiers nie net meer effektief diens lewer nie, maar dit boonop geniet!

Dominee A van gemeente X was al baie moedeloos. Die kerkraad neem die mooiste besluite, maar min daarvan word uitgevoer. Kerkraadslede neem net nie verantwoordelikheid nie. Selfs al bied kerkraadslede aan om iets te doen, gebeur daar maar min. Dit is nie omdat hulle nie graag wil nie of omdat hulle onverskillig is nie. Daar is net iets wat kort, maar wat weet niemand nie.

Die keerpunt het gekom nadat Dominee A ‘n mentorskursus bygewoon het wat die Sinode aangebied het. By die kursus het ds A se oë oopgegaan. Hy het besef dat die leiers in die gemeente onseker was hoe om hulle dienswerk te doen en dat hulle elkeen ‘n mentor nodig gehad het.

Terug by die huis het hy dadelik met sy leierouderling ‘n afspraak gemaak en oor ‘n koppie koffie sy visie van mentorskap gedeel. Dink net aan die moontlikhede as elke kerkraadslid ‘n mentor kon hê! Leierouderling was baie opgewonde en het dadelik vir ds A gevra om sy mentor te wees. Ander kerkraadslede het gou gesien hoe Leierouderling se bediening begin vrug dra.

Ds A en Leierouderling het die hele konsep van mentorskap met die kerkraad gedeel. Sommige kerkraadslede was opgewonde, maar ander het vrae en selfs besware gehad. Tog het die saak van mentorskap mettertyd gegroei in die kerkraad se harte.

Leierouderling en twee ander kerkraadslede het die volgende mentorskursus van die Sinode gaan bywoon en besluit om vir mekaar mentors te wees.

Die nuwe Leierdiaken wat intussen gekies is, voel baie onseker oor haar pligte en kom gesels met Leierouderling daaroor. Hy bied aan om haar te mentor. Sy ervaar die mentorsverhouding baie positief en begin ander diakens aanmoedig om saam met haar die volgende mentorskursus by te woon.

So begin al meer kerkraadslede die mentorsgolf ry, want hulle het gesien hoe die bediening van dié wat mentors het, blom.

Dominee A vind al meer vervulling in sy bediening. Al hoe meer gemeenteleiers begin die mentorsgolf ry: kerkraadslede, kleingroepleiers, vroue- en manneleiers en jeugleiers. Leiers het mettertyd agtergekom dat hulle nie alleen is nie, dat daar ander is wat hulle met hulle bediening bystaan en dit ondersteun. Besluite word hoe meer uitgevoer – en die mooi daarvan is: mense doen dit met passie en entoesiasme en hulle geniet dit.

Kan jy/julle gemeente dit bekostig om nie die mentorsgolf te ry nie?

NG Kerk in KZN: Dagboek 2013

11 Januarie 2013

NG Kerk in KZN: Dagboek 2013

(Soos op die Sinode se webblad: http://www.ngkerk.org.za/kzn/kzndagboek_body.asp?id=3 )

Gemeentes se Werksaamhede
03.02.2013 : NG Pietermaritzburg-Noord Bybelfees (dank vir 20,000 Bybels versprei sedert 2009)
21.07.2013 : NG Durban se 100 jarige viering.


Sinodale Werksaamhede (Sal uitbrei soos wat die beplanning vorder)
24.01.2013 : Moderatuur (in Pietermaritzburg)

24.01.2013 : Werkgroep Kleingemeentes

28.01.2013 : Emeriti werkgroep, Tel konferensie

30.01.2013 : Argief Werkgroep HUB

05-07.02.2013 : Sinodale Visionêre Leierspan (SVL)

05.02.2013 : CMD Fondsinsameling (Ladysmith)

08.02.2013 : KZN CMD Bestuurspan

12.02.2013 : Sinodale Span Regte

14.02.2013 : Pensioenfonds PPF

18.02.2013 : Skollie Werkgroepvergadering

20-21.02.2013 : Moderamen (dalk net een dag)

26-27.02.2013 : Sinodale Bedieningspan-Bosberaad

04-06.03.2013 : Predikantekonferensie, Drakensville

11-13.03.2013 : KZN CMD UK op reis

15-17.03.2013 : Leefstyl en Aftree-Expo (ICC Durban)

18.03.2013 : Moderatuur (in Pietermaritzburg)

19.03.2013 : Joint Moderamen

19.03.2012 : Algemene eKom Werkgroep

09.04.2013 : Missionale Gemeentes Werkgroep

10.04.2013 : Sinodale Bedieningspan (SBS)

16.04.2013 : Lidmaat Toerustingsprogram (LTP) Werkgroep

17.04.2013 Predikantebegeleiding Werkgroep

18.04.2013 : Sinodale Ondersteuningspan (SOS)

22-25.04.2013 : Opvolg Predikantekonferensie

13-19.05.2013 : Pinkster

20.05.2013 : Skollie Werkgroep (Telkomvergadering)

21.05.2013 : KZN CMD Algemene Jaarvergadering

22-23.05.2013 : Konferensie vir Admin Personeel van Gemeentes

23.05.2013 : Pensioenfonds PPF

30.05.2013 : KZN Outreach konferensie

28-30.06.2013 : Jnr Personeel Kamp (Skolliekamp)

01.07.07.2013 : Skolliekamp

25.07.2013 : Sinodale Ondersteuningspan (SOS)

30-31.07.2013 : Sinodale Visionêre Leierspan (SVL)

06.08.2013 : Sinodale Bedieningspan (SBS)

14-15.08.2013 : Missionale Gemeentes Werkgroep

21.08.2013 : KZN CMD Uitvoerende Komitee

27.08.2013 : Moderatuur

28.08.2013 : Joint Moderamen

09-12.09.2013 : Geestelike reis (Gys van Schoor)

13.09.2013 : Skollie Werkgroepvergadering

06-10.10.2013 : Algemene Sinode

24.10.2013 : KZN Outreach

29.10.2013 : Lidmaat Toerusting (LTP) Werkgroep

30-31.10.2013 : Moderamen

01.11.2013 : KZN-CMD UK-vergadering

12.11.2013 : Sinodale Bedieningspan (SBS)

14.11.2013 : Pensioenfonds PPF

21.11.2013 : Sinodale Ondersteuningspan (SOS)

Skoolkwartale
Eerste kwartaal :     (14) 16 Januarie – 28 Maart

Tweede kwartaal :    8 April – 21 Junie

Derde kwartaal :    15 Julie – 20 September

Vierde kwartaal :    1 Oktober – 4 (6) Desember
Kerklike Biddae en Feesdae
07.01.2013 : Week van gebed begin

10.02.2013 : Biddag vir Opvoeding en Onderwys

10.02.2013 : Lydensweke begin

13.02.2013 : Aswoensdag

01.03.2013 : Wêreldbiddag vir Vroue

02.03.2013 : Wêreldbiddag vir Mans

29.03.2013 : Goeie Vrydag

31.03.2013 : Paasfees

07.04.2013 : Dag van Danksegging en Verootmoediging

05.05.2013 : Arbeidsondag

09.05.2013 : Hemelvaartdag

19.05.2013 : Pinksterfees

02.06.2013 : Biddag vir Ekologie

09.06.2013 : Biddag vir Jeug en Kategese

16.06.2013 : Nasionale Dag vir Blindes

25.08.2013 : Bybelsondag

01.09.2013 : Nasionale Biddag vir Dowes

08.09.2013 : Leprosedag

08.09.2013 : Toerustingsondag

06.10.2013 : Biddag vir Bejaardes

06.10.2013 : Bediening aan die Jode

20.10.2013 : Biddag vir Gesondheidsdienste

27.10.2013 : Hervormingsfees

17.11.2013 : Biddag vir Beskermingsdienste

24.11.2013 : Biddag in aansluiting by Wêreldvigsdag

16.12.2013 : Versoeningsdag

25.12.2013 : Kersdag
Openbare Vakansiedae
21.03.2013 : Menseregtedag

01.04.2013 : Gesinsdag

27.04.2013 : Vryheidsdag

01.05.2013 : Werkersdag

16.06.2013 : Jeugdag

17.06.2013 : Openbare vakansiedag

09.08.2013 : Nasionale Vrouedag

24.09.2013 : Erfenisdag

16.12.2013 : Versoeningsdag

26.12.2013 : Welwillendheidsdag

Gesonde finansies vir 2013

7 Januarie 2013

Gesonde finansies vir 2013

Dit is goed om aan die begin van ‘n nuwe jaar opnuut na te dink oor die gesondheid van jou finansies. Dit maak nie saak of jy baie of min geld het nie. Die manier hoe jy met jou geld omgaan, bepaal jou finansiële gesondheid.

Ek wil net ‘n paar riglyne gee wat jou dalk kan help in die nuwe jaar:

1. Stel ‘n begroting op

‘n Begroting hoef nie ingewikkeld te wees nie. Gebruik ‘n ‘spreadsheet’ of papier en skryf al jou inkomstes asook al jou uitgawes op. Nou kan jy beplan hoe om jou inkomste te vermeerder en jou uitgawes te verminder. Skryf die beplande syfers in ‘n tweede kolom neer. Maak seker dat jou beplande uitgawes minder is as jou inkomste.

2. Stel vas aan wie jy geld skuld

Maak ‘n lys van almal aan wie jy geld skuld en tel die bedrae bymekaar. Dit sluit in winkelkaarte, kredietkaarte, huurkope, skuld op motors en eiendom. Bepaal watter persentasie rente elke skuldeiser vra en rangskik die lys daarvolgens.

3. Monitor jou begroting

Vergelyk elke maand jou werklike inkomste en uitgawes teenoor die begroting. Dit behels dat jy rekord moet hou van veral jou uitgawes. Skryf die inligting neer in ‘n derde kolom naas die begroting. Indien daar groot afwykings is, vra jouself af waarom en hoe jy dit kan verhoed, of verander die begroting dienooreenkomstig.

4. Stel doelwitte

Met bogenoemde inligting kan jy nou vir jouself finansiële doelwitte stel. Die volgende doelwitte is belangrik vir finansiële gesondheid:

  • Uitgawes moet minder wees as inkomste;
  • Wees skuldvry;
  • Spaar vir die kort- en langtermyn.

5. Neem aksie

  • As jou uitgawes meer is as jou inkomste en jy gedurig geld moet leen, is die eerste aksiestap om óf jou inkomste te verhoog óf jou uitgawes in te kort. Hou hiermee vol totdat jou begroting klop en jy geld oor het om jou ander doelwitte te bereik.
  • Betaal daarna al jou skuld af. Begin met die skuld wat die hoogste rentes vra en hou aan totdat jy geen skuld meer het nie. Dit mag jare neem om hierdie doelwit te bereik, maar dit is die moeite werd. Moet geen nuwe skuld aangaan nie.
  • Begin geld spaar vir korttermyn behoeftes. ‘n Goeie riglyn is ‘n geldmarkfonds of ander kontantbelegging wat rente verdien. Probeer om ongeveer drie maande se uitgawes in so ‘n fonds beskikbaar te hou. Gebruik die fonds net in noodgevalle en vul dit weer so gou as moontlik aan.
  • Dit is ook belangrik om vir die langtermyn te spaar. ‘n Mens kan nooit vroeg genoeg begin om vir aftrede te spaar nie. Hier is ‘n goeie riglyn om ten minste 20% van jou inkomste in ‘n groeiportefeulje te belê wat inflasie oor die langtermyn klop.

6. Herhaal

Hou vol met al die stappe hierbo en jou finansies sal op die langtermyn gesond wees en bly.

Gemeentevergaderings: nie altyd sinvol nie

19 Desember 2011

Dit gebeur dat gemeentes soms besluite moet neem oor hoogs omstrede of emosionele sake. Kerkrade wil nie sulke besluite neem sonder om die gemeente te ken nie, en besluit dan om ‘n gemeentevergadering te hou. Dis nie ‘n goeie idee nie!

Alban Institute skryf die volgende in hulle nuusbrief:

Q: Our congregation is struggling with several difficult decisions, some of which have caused quite a bit of controversy and emotional responses among some members. We are considering having a congregational meeting to see what the members think, “clear the air,” and make the decisions. What advice do you have?

A: 

Short answer: You could be asking for a lot of grief and much foggier air.

Longer answer: Nearly every congregation I work with has a story in their history about a congregational meeting “gone bad.” Remember watching political town hall meetings on such controversial topics as health care? Those experiences offer a pretty clear picture of why this particular format does not work well when emotions are running high.

Verskeie redes word in die artikel genoem waarom ‘n gemeentevergadering nie sinvol is in sulke omstandighede nie. Die artikel gaan dan verder en gee advies oor hoe om sulke sake te hanteer. Dit kom daarop neer dat ‘n proses van geloofsonderskeiding gevolg moet word waarby lidmate betrek moet word.

Lees die volledige artikel by http://www.alban.org/conversation.aspx?id=9858.

 

Predikant: gelukkigste beroep

8 Desember 2011

Volgens ‘n ondersoek in Amerika is predikante die gelukkigste van alle beroepsgroepe. Ek wonder of dit ook waar is in Suid-Afrika.

Lees die artikel in Forbes by http://www.forbes.com/sites/stevedenning/2011/09/12/the-ten-happiest-jobs/

 

Waarom daal kerke se lidmaattal?

7 Desember 2011

Wereldwyd ondervind hoofstroomkerke ‘n daling in lidmaattal. Waarom gebeur dit? Baie redes is al hiervoor aangevoer. Graham Standish skryf op Alban Institure te webblad ‘n baie interessante artikel en antwoord bogenoemde vraag soos volg: “What I have consistently noticed in almost all thriving congregations, however, is that what makes the difference is the extent to which the community is open to God at its core. Many churches simply aren’t open to God. They let the will, ego, and purpose of the dominant voices in their congregation, whether the pastor’s or that of a few strong members, drive the agenda. Instead of seeking God’s call and purpose, they argue over who is right and wrong. Declining churches tend not to be open to God’s presence. They worship, meet, and engage in ministry and mission, but their sense is that God is in heaven, we are on earth, and all that matters is doing good deeds. The congregants have no sense that Christ is in their midst, and that this presence of Christ can bless them and make their churches places of love. So they continue to engage in the practices of the church, but they don’t expect an encounter with Christ.”

Bogenoemde waarneming dring ons tot ‘n diepe selfondersoek!

(Lees die volledige artikel by http://www.alban.org/conversation.aspx?id=9828)

Uitbranding van Predikante

25 November 2011

Uitbranding van leraars

Dat leraars dikwels uitbrand, is ‘n bekende feit gesteun deur baie opnames. Ek het al vantevore hieroor geskryf en die redes vir uitbranding gegee. Nou kom G. Jeffrey MacDonald en hy voeg nog ‘n rede vir uitbranding by: Congregations gone wild! Hiervoor help rus, ontspanning en vakansies niks nie: druk vanuit die gemeente om jou hoogste roeping te versaak.

Die leraar is geroep om mense te help om geestelik te groei en meer deernis te bewys. Maar wat verwag gemeentes van hulle leraars? Vermaak ons. Leraars word voortdurend gedwing om te kies as hulle luister na lidmate se wenslyste. Soos godsdiens meer en meer ‘n verbruikersondervinding word, word leraars ongelukkiger — en sieker.

Volgens Gallup het net 15% van Amerikaners in 1955 nie meer aan die geloof van hulle kinderdae behoort nie — in 2008 was dit 44%. Mense vandag proe hier en proe daar en beweeg dan verder as die leraars hulle nie tevrede stel nie. In die proses word die posbeskrywing van leraars herskryf. Hulle mag nie meer preke hou wat die gemaklikes ongemaklik laat voel nie.

So het ‘n kerkraad vir ‘n leraar gesê: beperk jou preke tot tien minute, vertel snaakse stories en verseker dat die mense wat die kerkgebou verlaat goed voel oor hulleself! Ongelukkig is meeste leraars nie vermaaklikheidsterre nie. Leraars glo hulle is toegerus om mense se lewens te verander — wat is reg en wat is verkeerd. Hulle leer lidmate om mekaar te dien; hulle leer hulle wat deernis is — veral teenoor die randfigure in ons samelewing. Hulle vorm ‘n geloofsgemeenskap.

Wat is die belonings van bediening? Ek beteken vir ander iets en integriteit. As hierdie afgewater word as gevolg van druk van die gemeente wat nie uitgedaag en geestelik wil groei nie, word leraars kandidate vir spanning en depressie. Leraars het lidmate nodig wat verstaan waarvoor die kerk bestaan: om mense se lewens te verander. Dan sal hulle weer vreugde in hulle bediening ondervind. Hulle vat weer vlam sonder die gevaar van uitbranding.

(Oorgeneem uit Leierskap, Nuusbrief van eKerk, 16/11/2011)

 

 

Verandering deur die vertel van alternatiewe stories

2 September 2011

Paradigmaskuif

Die kerk is gedurig besig om te verander. Die oorgrote meerderheid van hierdie pogings het min langtermyn impak. Hoekom? Die bekende opvoedkundige en filosoof, Ivan Illich, is by geleentheid gevra wat die beste manier is om die samelewing te verander — revolusie of geleidelike hervorming. Sy antwoord het die mense verbaas: nie een van die twee nie. Sy verdere aanvulling behoort alle leiers weer te laat dink: As jy die samelewing wil verander, moet jy ‘n alternatiewe storie vertel. Dit beteken dat ons die heersende paradigma met ‘n nuwe een moet vervang. Hoe doen ons dit?

Alan Hirsch (On the Verge) het die werk van Thomas Kuhn (The Structure of Scientific Revolutions) effens aangepas en op die kerk van toepassing gemaak. ‘n Paradigmaskuif bestaan uit vier stadia:

  1. Struktuur/normaliteit. Ons begin met ‘n gevestigde paradigma — ‘n verbeelding wat vasgevang of geslote is. Hierdie paradigma domineer die huidige denke.
  2. Afwykings. Mense voel dinge is nie reg nie — daar ontwikkel afwykings in die paradigma. Hulle begin besef dat die heersende paradigma nie meer al die probleme kan oplos nie. Dit is interessant dat dit dikwels juis die mense is wat die heersende paradigma bemeester het, wat uit hierdie konsensus uitbreek. Dink maar aan Einstein (wetenskap) en Calvyn en Barth (teologie). Ware kundiges is juis die eerstes wat agterkom dat daar probleme is.
  3. Krisis. Meer en meer mense besef dat dinge verkeerd is. Uiteindelik word ‘n punt bereik waar die stroompie ‘n rivier word — ‘n krisis. ‘n Groep mense wat van die huidige paradigma verskil, kom na vore. Nou volg ‘n aantal nuwe teorieë — ‘n soeke na ‘n alternatiewe verstaan van dinge.
  4. Oorgang/herstrukturering. ‘n Nuwe paradigma kom na vore. Diegene wat nog vasklou aan die heersende paradigma probeer keer dat dinge nie verander nie. Dit is die rede waarom denominasies nie sommer toelaat dat dit wat hulle glo, bevraagteken word nie — jy raak nie aan die heilige koeie nie.

Die groot les is dat dit nie help om strukture, stelsels en sisteme te verander, as jy nie ook die onderliggende storie (die paradigma) verander nie.

(Bron: Leierskap, enuusbrief van eKerk, 1/9/2011)